O-Space staan Omaheke SME’s by

Die Omaheke Innovation Village, wat handel dryf as O-Space, is ‘n inisiatief van die kantoor van die goewerneur van die Omaheke-streek wat besigheid deur entrepreneurskap in die streek wil verbeter en SME’s laat groei. O-Space gaan ‘n kreatiewe en innoverende opleidingsentrum aan 100 begunstigdes in die streek op 19 Julie aanbied. Opleiding is gratis en sal een dag aangebied word. Gregory Madi kreatiewe bestuurder van die Omaheke Innovation Village praat met Kosmos 94.1 Nuus.