Nyae Nyae kry nuwe skool

Die nuutgeboude Nyae Nyae-skool in die Tsumkwe-Oos-omgewing is ingewy. Die skool, omgeveer 30 kilometer wes van Tsumkwe in die Otjozondjupa-streek, het 6 miljoen Namibiese dollar gekos en is deur Otjikoto B2Gold-mynmaatskappy, en Daikin Beperk en stigting van die Ju|’hoansi tradisionele owerheid befonds. Daar is klaskamers vir grade 1 tot 3, koshuise, onderwyserswonings, ablusiegeriewe, ‘n kombuis, ‘n groentetuin en ‘n boorgat. Die perseel kry elektrisiteit van sonpanele. Daar is 75 leerders en drie onderwysers insluitend die skoolhoof. Dit is die eerste geboude skool wat die San-gemeenskap ontvang en is een van ses skole in die bewaringsgebied.