NWR hou môre inligtingsessie met toer-operateurs

Namibia Wildlife Resorts gaan môreoggend om nege-uur ‘n inligtingsessie met van sy belanghebbendes, soos toer-operateurs, in Windhoek hou. Tydens die inligtingsessie sal rolspelers op hoogte gebring word van die huidige bepalings en voorwaardes, asook die visie van NWR. Die woordvoerder Nelson Ashipala gesels met Kosmos 94.1 Nuus.