NVG lê beslag op bates na korrupsie by Loterykommissie

Die Batebeslagleggingseenheid van die Nasionale Vervolgingsgesag in Pretoria het ‘n bewaringsbevel van die hooggeregshof in die stad bekom vir bates wat gekoppel word aan korrupsie met geld van die Nasionale Loterykommissie. Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat die kommissie byna 344 miljoen Suid-Afrikaanse rand verloor het in toelaes wat aan behoeftiges in verarmde gemeenskappe moes gaan. Die NVG se streekswoordvoerder, Lumka Mahanjana, sê die bewaringsbevel sluit in nege luukse eiendomme ter waarde van 22,4 miljoen rand, ‘n BMW 420i en twee Ocean Basket-restaurante.