NVG gereed vir VBS Bank-verhoor

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die staat is reg vir die verhoor van Thabo Isaac Mokoena, die voormalige munisipale bestuurder van Mahikeng. Die 61-jarige word daarvan aangekla dat hy munisipale geld belê, na bewering in ruil vir ruim persoonlike kredietvoordele. Dit hou verband met ‘n belegging van 92 miljoen rand wat die plaaslike munisipaliteit van Mafikeng by die nou ontbinde VBS Mutual Bank gemaak het. Die woordvoerder van die NVG, Henry Mamothame, sê Mokwena het in die Molopo-landdroshof verskyn, waar sy saak tot Februarie volgende jaar uitgestel is.

Daar is plaaslik belang in die saak omdat die SME Bank, wat ook bankrot verklaar is, se verlore miljoene oorbetaal is na VBS Mutual Bank.