NV-lede moet beter optree en debat voer oor volksmoord

As Dinsdag en Woensdag se sessies in die Nasionale Vergadering die standaard stel, dan is chaos in huis terug om te bly. Die volksmoord-ooreenkoms het weer Woensdag onder die loep gekom en weer tot ‘n oor-en-weer geskreeuery gelei. Die president van die PDM, McHenry Venaani het getwiet dat die land se leiers hulle denkwyse moet verskerp om ‘n beter ooreenkoms vir die gemeenskappe wat geraak is, te kry. Hy voeg by dat die partye na mekaar moet luister. In antwoord daarop het die minister van justisie Yvonne Dausab gesê dat debat in die huis moet verbeter en die bakleiery moet staak. Alle partye moet alle menings na die tafel toe kan bring sonder om beledig te word.