Nuwe walvisspesie met vier bene in Egipte ontdek

Die ontdekking van ‘n gedeelte van ‘n geraamte in die Fayum-laagte in Egipte het ‘n nuwe walvisspesie met vier bene bekend gestel. Dié dier het vermoedelik sowat 43 miljoen jaar gelede gelewe. Die gebied wat deesdae ‘n woestyn is, was eens met water bedek. Die Phiomecetus anubis-walvis het ongeveer 600 kilogram geweeg en was drie meter lank. Dié ontdekking is vermoedelik die vroegste in Afrika van hierdie soort walvis wat op land en in water geleef het.