Nuwe voorsittende beampte vir Swapo-kongres bekend

Die Swapo Party het die prokureur Joshua Kaumbi as die voorsittende beampte bekend gemaak om die stemme by Swapo se verkiesingskongres te tel wat na verwagting hierdie Vrydag sal begin. Kaumbi vervang die bekende prokureur Sisa Namandje. Volgens die party se woordvoerder, Hilma Nicanor, is die voorsittende beampte is eers Maandag tydens die sentrale komitee-vergadering geïdentifiseer. Die Swapo Party-kongres wat vir hierdie naweek beplan word, gaan die party se topleiers verkies, insluitend die vise-president, sekretaris-generaal en adjunk-sekretaris-generaal, benewens lede van die sentrale komitee.