Nuwe voertuigverkope wankel steeds

Nuwe voertuigverkope in Namibië vertoon steeds baie swak. Volgens die jongste syfers wat deur Simonis Storm vir Julie bekend gestel is, is 800 voertuie tydens die vorige maand verkoop teenoor 843 wat tydens Junie nuwe eienaars gevind het. Julie se syfers, al is die laer as Junie sin, is steeds 19,4 persent hoër, op ‘n jaargrondslag gemeet. Junie se syfers het effe beter vertoon met ‘n groei van 6,3 persent teenoor Mei vanjaar en 9,9 persent op ‘n jaargrondslag gemeet. Ekonome meen die jaarlikse groei moet gemeet word teen die inperkings en heersende toestande verlede jaar.