Nuwe vennootskap sal bekostigbare huise moontlik maak

Letshego Afrika het in ‘n vennootskap met die Internasionale Finansieringskorporasie getree om toegang tot bekostigbare behuising in Namibië te bewerkstellig. ‘n Totaal van 50 miljoen Amerikaanse dollar, of te wel, net meer as 718 miljoen Namibiese dollar is aan Letshego se Namibiese filiaal as leningsfasiliteit beskikbaar gestel. Daar word beraam dat 4 000 lenings vir beskostigbare huise uit die fondse beskikbaar sal wees. Volgens Letshego het 78 persent van Namibiërs ‘n bankrekening maar net 12 persent het huislenings. Die meerderheid Namibiërs kwalifiseer nie vir lenings nie. Die fasiliteit by Letshego sal die fondse beskikbaar kan stel vir Namibiërs wat nie voldoen aan tradisionele leningsvereistes nie.