Nuwe trekkers, operateurs help boere ploeg

Die landbou-ministerie het 298 nuwe trekkers gelewer in verskeie gewas-produserende streke, wat die bestaande vloot van 194 aanvul. Hierdie stap is daarop gemik om uitdagings aan te spreek wat boere regoor die land in die gesig staar wat steeds afhanklik is van tradisionele ploeg-metodes, soos die gebruik van donkies en osse. Veral boere in die Noordelike Gemeenskaplike Gebiede sukkel om te ploeg want hul diere wat die droogte oorleef het is te swak, en dit is duur om trekkers te huur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Nghipandulwa, die landbou-ministerie se woordvoerder, wat sê hulle het operateurs opgelei om onder meer die trekkers te bestuur.