Nuwe toep vir sprinkaanplaag-opsporing

Die VN se Voedsel en Landbou-organisasie het die eLocust3m-toepassing ontwikkel en het 30 amptenare van die Namibiese landbouministerie reeds opgelei in die gebruik van die toep. Die toep is ontwerp om vroeë opsporing van sprinkaan-plae te bewerkstellig en laat toe dat die breër gemeenskap ook betrokke kan raak. Die organisasie sê enige moontlike plaag onmiddellik opgespoor kan word en die nodige inligting kan sonder enige vertraging deurgegee word. Teen April vanjaar het die rooisprinkaanplaag reeds 719 000 hektaar grond verwoes in tien van die land se 14 streke.