Nuwe SA ministers ingehuldig

Die adjunk-hoofregter, Raymond Zondo, het die nuwe Suid-Afrikaanse ministers wat President Cyril Ramaphosa gisteraand aangekondig het, ingehuldig. Die Suid-Afrikaanse parlement het die nuwe aanstellings in die kabinet gelukgewens. ‘n Woordvoerder, Moloto Mothapo, sê hulle wens hulle voorspoed toe met die nuwe verantwoordelikhede. Hy sê waar vakante poste in komitees ontstaan het, sal lede waarnemende voorsitters aanstel totdat nuwes aangewys word.