Nuwe riglyne vir die identifikasie van beeste

Die Vleisraad van Namibië het ‘n riglyndokument vir beeste-identifisering in samewerking met die Direktoraat van Veeartsenydienste ontwerp. Die doelwit van die dokument is om ‘n visuele riglyn vir die identifisering van beeste volgens die Dieregesondheidswet te voorsien. Dit sluit identifiserings-vereistes vir die bemarking van beeste in. Dr. Anja Boshoff-de Witt, die Vleisraad van Namibië se Bestuurder van Vleisstandaarde gesels met Kosmos 94.1 Nuus.