Nuwe pil bly in die nuus

Die medisynevervaardiger, Merck, se eksperimentele pil teen Covid-19 bly in die nuus. Dit verminder glo hospitaliserings en sterftes met die helfte. Dié ontwikkeling word beskou as ‘n moontlike groot stap vorentoe in die wêreldwye stryd teen die pandemie. Die maatskappy gaan binnekort gesondheidsowerhede in Amerika en oral in die wêreld versoek om die gebruik van die tablet goed te keur. ‘n Pil wat by die huis geneem kan word sal druk op hospitale verlig en kan uitbrekings in armer en afgeleë plekke in die wêreld, wat nie toegang tot duurder inentings het nie, bekamp.