Nuwe ombudsman sluit saak van Namibiese Private Praktisyns-forum

Die Namibiese Private Praktisyns-forum is ontevrede oor die sloer van ‘n ses jaar oue klagte wat by die ombudsman aanhangig gemaak is oor sertifikate van goeie belasting-stand wat deur private praktisyns ingedien moes word. Die nuwe ombudsman het egter die saak gesluit. Die forum meen dit dien as ‘n blootlegging van die ombudsman se versuim om sy grondwetlike plig na te kom. Eben de Klerk van die forum verduidelik die kwessie aan Kosmos 94.1 Nuus.

De Klerk sê dis skokkend dat die ombud homself ook skuldig maak aan diskriminasie teen dokters.