Nuwe New York-goewerneur is gereed

Die adjunk-goewerneur van New York, Kathy Hochul, sê niemand sal haar administrasie ooit ‘n toksiese werksomgewing kan noem nie. Hochul sal by Andrew Cuomo as goewerneur van New York oorneem nadat hy bedank het na aanleiding van ‘n verslag wat onthul het dat hy elf vroue, waaronder huidige en gewese staatsamptenare, seksueel geteister het. Hochul, wat oor twee weke die deelstaat se eerste vroulike goewerneur word, sê sy is meer gereed vir die pos as wat enigiemand kan wees: