Nuwe Namibiese toerismedirekteur deel sy doelwitte

Die nuwe toerismedirekteur in die Namibiese ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is Sebulon Chicalu. Van sy reuse-take is om die toerismesektor tot herstel te lei, ‘n sterk band met die privaatsektor te vestig, asook met agentskappe verantwoordelik vir toerisme in die Verenigde Nasies en die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Chicalu wil volhoubare transformasie in toerisme meebring, toeristemarkte ontwikkel, ondersteuning vir die plaaslike toerismemark kry, asook intra-Afrika streekstoerisme bevorder. Chicalu het sy doelwitte as nuwe toerismedirekteur met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.