Nuwe ‘mens’ ontdek

‘n Menslike afstammelingslyn wat tot dusver onbekend was, is ontdek toe die beendere van ‘n tienerjarige jagter-insamelaar wat meer as 7 000 jaar gelede dood is, op die Indonesiese eiland Sulawesi gekry is. Dit is die eerste keer dat antieke menslike DNS ontdek is in die eilandstreek tussen Asië en Australië en dit werp lig op die genetiese verskeidenheid en bevolkings-geskiedenis. Volgens ‘n studie waaroor in die joernaal Nature berig word, toon die jong meisie se DNS sy het afgestam van die eerste groep moderne mense wat 50 000 jaar gelede in die streek aangekom het.