Nuwe lede by VN se Algemene Vergadering, Belarus geweier

Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het Algerië, Guyana, Sierra Leone, Slowenië en Suid-Korea tot die VN-Veiligheidsraad verkies vir termyne van twee jaar wat op 1 Januarie 2024 begin, terwyl Belarus, wat Rusland se inval in die Oekraïne steun, ‘n plek geweier is. Algerië, Guyana, Sierra Leone en Suid-Korea het onbestrede meegeding vir ‘n plek op die 15-lede liggaam, wat belas is met die handhawing van internasionale vrede en veiligheid. In die enigste mededingende wedren het Slowenië vir Belarus uitgestof. Die vyf verkose nasies sal Albanië, Brasilië, Gaboen, Ghana en die Verenigde Arabiese Emirate vervang.