Nuwe insekdoder doeltreffend teen malaria

Bednette wat met ‘n nuwe soort insekdoder behandel is, het malariagevalle by kinders in ‘n groot steekproef in Tanzanië met byna die helfte verminder. Dit is volgens ‘n studie wat in die vaktydskrif, The Lancet, gepubliseer is. Bednette was instrumenteel tot die groot vordering wat die wêreld die afgelope dekades teen malaria gemaak het, met miljoene lewens wat gered is. Maar vordering het die afgelope paar jaar tot stilstand gekom, deels omdat die muskiete wat die infeksie versprei, toenemend weerstand ontwikkel het teen die insekdoder wat in bestaande nette gebruik word. In 2020 het 627 000 mense aan malaria gesterf, hoofsaaklik kinders in Afrika suid van die Sahara. Die navorsers sê die nuwe insekdoder, die eerste wat in byna 40 jaar ontwikkel is, beide veilig en doeltreffend is. Die voorkoms van die siekte het verminder – in vergelyking met die bestaande nette – met 43 persent in die eerste jaar en 37 persent  in die tweede jaar van die proef.