Nuwe huis-deposito regulasie verwelkom

Finansminister Iipumbu Shiimi het die vereiste vir huiseienaars wat ʼn tweede eiendom koop, om ‘n deposito te betaal, geskrap. Die nuwe regulasie bepaal deposito’s van 10 persent en finansiering van 90 persent is slegs van toepassing op die verkryging van ʼn derde bewoonbare eiendom deur middel van finansiering deur ʼn instelling. Kosmos 94.1 Nuus het met Naufiku Hamunime, die hoof van internasionale betrekkinge en volhoubaarheid by die bank, gepraat.