Nuwe datums nodig vir Eichhoff se moordsaak

Die moordsaak teen die Okahandja-boer Karl Eichhoff is tot 16 September, vir die bepaling van nuwe verhoordatums, in die Windhoek-streekshof uitgestel. Eichhoff se regsverteenwoordiger, advokaat Louis Botes is volgens berigte siek en sal vir twee maande nie beskikbaar wees nie. Eichhoff word daarvan beskuldig dat hy op 6 Oktober 2013 Cornelius Slinger, en sy twee van sy vier honde doodgeskiet en op sy pa se plaas begrawe het. Hy het onskuldig gepleit op die moordklag en sê hy het Slinger nie gesien nie maar wel die honde. Hy het erken een van die skote kon Slinger doodgeskiet het.