Nuwe Covid-variant: entstof sal steeds ernstige siekte verhoed

Die Covid-19-entstowwe wat in Suid-Afrika gebruik word, sal steeds verhoed dat mense ernstig siek word of doodgaan indien hulle een van die talle mutasies van die nuwe koronavirus-variant sou opdoen wat intussen in Suid-Afrika waargeneem is. Só sê professor Penny Moore van die Wits Universiteit en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes. Tekens van die nuwe C.1.2-stam is in die meeste provinsies, maar ook in ander lande, waargeneem. Moore sê C.1.2 se voorkoms in Suid-Afrika is in hierdie stadium egter baie laag:

Die instituut se waarnemende direkteur, Adrian Puren, sê intussen ondanks die nuwe variant is dit glad nie nodig om die huidige inperkings te heroorweeg nie: