Nuwe Covid-regulasies deur restaurante verwelkom

Die nuwe Covid-maatreëls tree môre in werking en duur tot 14 September. President Hage Geingob het die nuwe maatreëls bekendgemaak en vir restaurante was dit goeie nuus. Restaurante mag op die perseel alkohol tot tien-uur die aand verkoop. Die bestuurder van Vintage Coffee Shop, Martin Liebenberg, het sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus gedeel. Hy sê dit sal baie vir hul besigheid help.