Nuwe Covid-19 regulasies nou van krag

Die nuwe Covid-19 regulasies het vanoggend net na middernag inwerking getree en duur tot 14 Augustus Die inperkings op streke is gelig en 50 persone word nou by openbare byeenkomste toegelaat.Die aandklokreël is vanaf tien-uur saans tot vier-uur soggens .Skole heropen eerskomende Woensdag 4 Augustus. Drankverkope is steeds beperk tussen nege-uur soggens en ses-uur saans Maandag tot Vrydag behalwe vir inslaapgaste. Goeie nuus vir restaurante is dat etes nou toegelaat word, maar gimnasiums bly steeds toe. Die Namibiese prokureur-generaal Festus Mbandeka het intussen Namibiërs gewaarsku om op te hou om sosiale media te gebruik om vals inligting rakende Covid-entstowwe te versprei. Hy het gesê enige iemand wat skuldig bevind word aan dié oortreding, sal ‘n swaar boete of selfs tronkstraf opgelê word.