Nuwe Covid- 19 gevalle in Suid-Afrika neem af

Suid-Afrika ondervind tans ‘n afname in die aantal nuwe gevalle van Covid-19 wat aangemeld is. Gister se syfer van tien-duisend-173 is amper twee-duisend minder as Vrydag. Dit is ook laer as die gemiddelde aantal nuwe gevalle per dag oor die sewe voorafgaande dae. Die meerderheid van die nuwe gevalle is van KwaZulu-Natal, gevolg deur die Wes- en die Oos-Kaap.