Nuus van die Olimpiese Spele in Japan

Die Olimpiese Spele in Tokio in Japan is in volle gang met verskeie sportsoorte wat vandag op die program is. Namibië se Maike Diekmann het reeds deurgedring na Maandag se kwarteindronde van die twee kilometer enkelskulroei. Vandag neem Tristan de Lange deel aan die padfietswedren vir mans. Lede van die Suid-Afrikaanse span neem ook vandag aan verskeie sportsoorte by die spele deel. Nic Dlamini, Ryan Gibbons en Stefan de Bod verteenwoordig die buurland in die mans padfietswedren oor 240-kilometer. Die mans hokkiespan meet kragte teen Brittanje in groep-B terwyl die vroue teen Ierland in groep-A te staan kom. Onder die swemmers is Erin Gallagher in laan sewe in die derde uitdun van die vroue 100-meter-vlinderslag.