Nuus van die Olimpiese Spele

Peres Jepchirchir van Kenia het die vroue-marathon van die Spele in Sapporo in Japan gewen deur haar landgenoot Brigid Kosgei in die laaste minuut te uitoorlê. Sy het sodoende haar land se tweede gouemedalje in die item verower. Die 40-jarige Helalia Johannes van Namibië het elfde in die snikhete toestande geëindig. Gerda Steyn van Suid-Afrika was 15de en Irvette van Zyl het nie die wedloop voltooi nie. Die wedloop is van Tokio na Sapporo verskuif in ‘n poging om die hitte in die hoofstad te omseil. Temperature van tot 30-graad-Celcius is nogtans vroeg in die marathon aangeteken.