Nuus oor die Olimpiese Spele

Die feit dat ‘n lid van die Oegandese Olimpiese span positief vir die koronavirus by sy
aankoms in Japan getoets het, het kommer laat toeneem dat die Spele wat oor minder
as ‘n maand begin, ‘n nuwe vlaag van die infeksies kan veroorsaak. Die res van die
groep het per bus, vergesel deur drie stadsamptenare, na hulle tuiste gereis, ná die
geval bevestig is. Hulle is eers dae later as naby-kontakte uitgeken. Die goewerneur
van Osaka, Hirofumi Yoshimura, het aan joernaliste gesê Olimpiese afvaardigings moet
by die lughawe of daar naby gehou word indien ‘n lid by sy of haar aankoms positief
getoets word.