‘Nuttelose’ COP27 het die minimum bereik

COP27 het afgesluit sonder enige noemenswaardige besluit. Daar is ‘n ooreenkoms dat ‘n fonds vir verlies en skade deur klimaatsverandering daargestel moet word vir ontwikkelende lande. Maar, daar is geen besonderhede oor wie betaal en wie ontvang betaling nie. Daar is ook geen beperking op verwarming geplaas nie. Die beraad loop deur onder kritiek met menings uit sommige oorde van 800 privaatstralers in Egipte aangekom het om lede van die publiek te vra om met hul fietse werk toe te ry. Chris Brown, hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Kamer van die Omgewing sê koolstofvrystellings bly die kern van die probleem.