Numsa vra publiek se geduld met Eskom-onderhandelings

Die Nasionale Metaalwerkersvakbond van Suid-Afrika het bevestig Eskom het ‘n loonaanbod met ‘n voorgestelde konsep-ooreenkoms aan vakbondlede gemaak. Dit volg na Numsa, die bestuur van Eskom en die vakbonde wat werkers verteenwoordig, 12 uur lank by die Sentrale Bedingingsforum ontmoet het. Numsa se nasionale woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die voorgestelde loonaanbod word nou aan lede vir ‘n mandaat voorgelê. Die vakbond gaan Dinsdag met die Eskom-bestuur vergader om terugvoering te gee: