Numsa verwerp planne vir privatisering van Telkom

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê hy verwerp alle planne vir die privatisering van Telkom. Dit volg op berigte dat Afrika se grootste selfoonoperateur, MTN, vir Telkom wil uitkoop teen ‘n bedrag van ongeveer 24 miljard Suid-Afrikaanse rand. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het deurgaans gewaarsku oor die gevare van privatisering van ondernemings in staatsbesit, en die ernstige uitwerking wat dit sal hê op die werkersklas sowel as die ekonomie.