Numsa verheug oor Gordhan-aftrede
Suid-Afrika se metaalwerkersvakbond Numsa is verlig oor die Openbare Ondernemings minister Pravin Gordhan se besluit om af te tree. Die nasionale woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola skryf die ineenstorting van verskeie organisasies in staatsbesit toe aan Gordhan se dienstydperk en veroordeel sy hantering van maatskappye toot Denel, SA Express en Eskom. Sy sê Gordhan se onwilligheid om die besonderhede bekens te maak oor die SAL-Takatso-ooreenkoms laat Numsa aanspreeklikheid en geregtigheid eis: