Numsa se staking deur Saftu ondersteun

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê hy ondersteun die Nasionale Vakbond van Metaalwerkers, Numsa. Dit volg nadat Numsa aangekondig het hy begin met ‘n onbepaalde nasionale staking in die ingenieursektor, nadat salarisonderhandelings ‘n dooiepunt bereik het. Numsa-lede eis ‘n verhoging van 8 persent, terwyl werkgewers ‘n verhoging van 4,4 persent aanbied. Saftu se nasionale woordvoerder, Trevor Shaku, sê die federasie het alle werkers versoek om op 5 Oktober te staak: