Numsa onderhandel vandag oor lone

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond, Numsa, sê hy sal vandag met sy lede vergader om te besluit of hulle die federasie van staal- en ingenieursbedrywe se nuwe salarisaanbod gaan aanvaar. Die vakbond se lede in die sektor het vandeesweek begin staak en eis ‘n verhoging van agt-persent, terwyl die federasie 4,4 persent aanbied. Die sektor is noodsaaklik vir die land se ekonomie en het ongeveer 190 000 werkers in diens. Numsa sê indien sy lede die aanbod aanvaar, kan hulle die staking opskort.