Numsa nie tevrede met ondersoek teen De Ruyter nie

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa is bekommerd dat Eskom se eie ondersoek na die beweerde wangedrag van sy uitvoerende hoof, André de Ruyter, blote oëverblindery gaan wees. Dit volg nadat die buurland se parlementêre staande komitee op Openbare Rekenings aangekondig het dat hy sy ondersoek laat vaar – ‘n besluit wat Numsa bestempel as ‘n poging om die bewerings onder die mat te vee. Die komitee het Eskom 90 dae gegee om die ondersoek te voltooi. Phakamile Hlubi-Majola van die vakbond meen die tydsberekening is verdag, want die bewerings is 14 maande lank ignoreer.