Numsa loof Harmony Gold vir ‘oopkop’ onderhandelings

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, sê die ooreenkoms wat hy en vier ander vakbonde met die myngroep Harmony Gold onderteken het, is ‘n bewys van wat bereik kan word wanneer werkgewers met die regte ingesteldheid en ‘n oop gemoed onderhandel. Die ooreenkoms beteken dat die laagsbesoldigde werkers gemiddeld 10 478 Suid-Afrikaanse rand per maand sal ontvang, wat teen die derde jaar gemiddeld 13 478 kan beloop. Numsa se woordvoerder, Phakmile Hlubi-Majola, sê mynwerkers in die land wag al lank vir ‘n salaris waarvan hulle kan leef: