Numsa en NUM bereik loonooreenkoms met Eskom

Numsa en die mynwerkersvakbond NUM het ‘n loonooreenkoms met Eskom aangegaan. Die NUM se koördineerder vir die energiesektor, Khangela Baloyi, het gesê die vakbonde het die kragvoorsiener se aanbod van sewe persent vir een jaar in beginsel aanvaar. Dit volg nadat weke se salarisonderhandelings voor die Sentrale Bedingingsraad ‘n dooiepunt bereik het. Dit het gelei het tot ‘n staking wat die land in fase ses-beurtkrag gedompel het.