Numsa eis dat werkloosheid aangespreek word

Die buurland se metaalwerkersvakbond Numsa sê Suid-Afrika het ‘n uitbreidingsbegroting nodig om die hoë vlakke van armoede en ongelykheid te takel en nie méér besnoeiingsmaatreëls nie. Die uitgebreide definisie van werkloosheid in die land is nou ‘n ontstellende 46 persent. Die vakbond-woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê solank die werkersklasmeerderheid nie grond en die bedrywe wat die meeste tot die ekonomie bydra besit nie, kan hulle nie werklik vry wees nie: