Numsa eis Assange se vrylating

Numsa in Suid-Afrika het ‘n protes voor die Amerikaanse konsulaat in Johannesburg gehou en die onmiddellike vrylating van Julian Assange geëis. Die vakbond sê Assange is ‘n joernalis wat vryheid en vrede hoog ag en dat Amerikaanse owerhede hom vervolg vir sy bekendstelling inligting wat hulle van die wêreld wou versteek. Sou hy uitgelewer word aan die VSA kan hy tronkstraf van tot 175 jaar ontvang. Assange is tans in die Belmarsh-gevangenis in Londen terwyl daar regsaksies is om sy uitlewering na die VSA te verhoed.