Nujoma sê oor werksverliese

Die arbeidsminister Utoni Nujoma het vandag bevestig dat ‘n totaal van 13 682 werknemers tussen 1 Januarie 2020 en 30 Junie 2021 afgelê is. Verlede jaar het 12 238 mense hulle werk by 896 maatskappye verloor en vanjaar tot op 30 Junie, staan die syfers op 1 444 van 190 werkgewers. Die minister sêCovid-19 het gelei tot 2 909 afleggings en swak ekonomiese toestande het veroorsaak dat 10 773 werkers afgelê is. Volgens Nujoma sal ‘n ondersoek in verband met die impak van Covid op huishoudings aan die einde van die maand deur die Namibiese Statistieke Agentskap bekend gemaak word. Hy sê dat die ministerie tussen 1 Januarie en 30 Junie vanjaar, 5 269 werkloses op sy webtuiste geregistreer het teenoor 4 279 wat in dieselfde periode verlede jaar aangeteken is.