Nudo vra waarom het polisiestasies nie papier nie

Die middeltermynbegroting wat onlangs deur die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, in die parlement voorgelê is, bly ’n warm besprekingspunt van debat in die Nasionale Vergadering. Vandag het die Nudo-parlementslid Joseph Kauandenge aan die minister van finansies gevra waarom die ministerie van binnelandse sake, veiligheid en sekuriteit steeds ‘n groot begroting ontvang as daar ‘n gebrek aan basiese behoeftes soos papier by polisiestasies is. Kauandenge het dit ervaar tydens ‘n besoek aan ‘n sekere polisiestasie in Windhoek. Boere kla ook dat polisievoertuie weens ‘n gebrek aan brandstof nie na misdaadtonele op plase kan uitkom nie. Hy vra ook wat gebeur met die geld wat by die polisiestasies betaal word vir polisieklarings en ander dienste.