NTTU-staking: Nampol vra nie geld vir begeleiding nie

Berigte lui dat die staking deur die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie nie begin het nie omdat die unie nie geld het om die polisie vir begeleiding te betaal nie. Blykbaar vra die mag 50 Namibiese dollar per uur per beampte. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Namibiese polisie, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi gepraat en sy het, nes adjudant-offisier Silas Shipandeni, bevestig dat die polisie nie ‘n fooi vra nie.  

Plaaslike media haal adjunk-kommissaris James Nandapo aan dat die mag betaling moet ontvang. Die hoof van die NTTU Werner Januarie het ook aan media bevestig dat Nandapo hom nie met die relevante dokumentasie in verband met betaling kon voorsien nie.