NTTU se protesaksie begin môre, soos beplan

Die beplande protesaksie deur die Namibiese Vervoer en Taxi-unie sal môre soos beplan, begin. Die unie eis ‘n 40 persent verhoging in tariewe en sê ‘n verhoging is twee jaar gelede gegee en intussen het alles duurder geword, brandstof en onderhoud ingesluit. Die NTTU se president, Werner Januarie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.