NTB bemark hard in VSA, China, goed vir toerisme
Die Namibië Toerismeraad gaan roadshows loods om sy teenwoordigheid in die Verenigde State en China, twee van die wêreld se grootste reismarkte, uit te brei. Tydens die Wêreld Reis-uitstalling in Miami vanaf vandag tot Woensdag, sal die raad ‘n “Networking with Namibia”-onthaal aanbied vir Amerikaanse reiskopers, media- en openbare betrekkinge professionele persone. Sewe Namibiese handelsvennote gaan deelneem en die geleentheid het ten doel om die land se biodiversiteit, avontuuraanbiedinge en kulturele ervarings ten toon te stel. Hierna sal die NTB ‘n omvattende roadshow in China begin, wat Beijing, Chengdu en Sjanghai sal teiken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bonnie Mbidzo, die waarnemende uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad.