NSFAF-hoof sê hoe meer as 3 600 begunstigdes weggeraak het

Die Namibiese studente hulpfonds soek na 3 638 begunstigdes wat eenvoudig weggeraak het. Die fonds sê hy is genoodsaak om die ministerie van binnelandse sake te nader om die individue op te spoor. Die fonds sukkel met terugbetalings van die begunstigdes. Sy hoof uitvoerende beampte Kennedy Kandume het met Kosmos 941. Nuus gepraat oor hoe die krisis ontstaan het.