Novak wil Aussie-regering dagvaar

Die wêreld-nommer-een Novak Djokovic beraadslaag na bewering met sy prokureurs om die Australiese regering vir 6 miljoen Amerikaanse dollar te dagvaar op grond van swak behandeling. Die Serwiër wat nie teen Covid-19 ingeënt is nie, se visum is gekanselleer en hy is uit Australië gesit. Die minister van immigrasie, Alex Hawke, sê Djokovic se teenwoordigheid in die land kon mense teen inenting aanmoedig. Sy prokureur, Toma Fila, sê die behandeling het Djokovic verneder en hy soek skadevergoeding.