Novak Djokovic is onttroon

Die 20-malige grand slam-kampioen Novak Djokovic se heerskappy as die wêreld se nommer een kom Maandag tot ‘n einde na sy nederlaag in die kwarteindronde van die Dubai Duty-Free-tenniskampioenskap. Die Serwiër word deur die Rus, Daniil Medvedev, vervang. Djokovic, wat ‘n rekord van 361 weke die wêreld se nommer een was, is met 6-4 en 7-6 verslaan deur Jiri Vesely van die Tsjeggiese Republiek. Medvedev sal die eerste speler buiten Djokovic, Roger Federer, Rafael Nadal en Andy Murray wees wat die afgelope 18-jaar die topposisie beklee.