Nou brand dit suid van Otji

Nog ‘n reuse veldbrand woed ongeveer 50 kilometer suid van Otjiwarongo. Die brand het teen Maandagmiddag sigbaarheid op die B1-roete belemmer en was baie naby aan die pad. Volgens berigte het die brand reeds in ‘n noordelike rigting sowel as noordoos van Nina beweeg. Onbevestigde berigte lui dat die brande Otjiwa en Okonjima reeds bereik het. Die brand het reeds Sondag ontstaan en sterk winde maak dit moeilik om te beheer. Die brand volg net na die Steinhausen-brand ongeveer 60 000 hektaar verwoes het. Die Namibiese omgewingsministerie het in ‘n verklaring gesê die brande van die afgelope twee weke is veroorsaak deur brandstigters en houstkoolproduksie.